Is jy in Matriek en geniet jy Rekeningkunde?
Indien so, lees verder om te verstaan hoe jy ‘n loopbaan daarin kan volg!
Deur deeltyds te studeer en voltyds by Initium te werk kan jy na drie jaar as Professionele Rekenmeester kwalifiseer.
Dit beteken dat jy potensieel geen studieskuld aan die einde van jou klerkskap sal hê nie en reeds kwaliteit praktiese ondervinding het om op jou CV te sit!
Initium het takke in Paarl, Worcester en Ceres, en is ‘n geakkrediteerde opleidingsentrum by die South African Institute of Professional Accountants (SAIPA).


Wat bied Initium vir jou?
- Mededingende vergoeding
- Studiehulp (studielenings en studieverlof)
- Top gehalte opleiding en breë spektrum ondervinding
- ‘n Kultuur van samewerking, waar kundigheid en kennis gedeel word, en waar die besigheid en personeel saam groei.
Hoe doen ek aansoek?
Om aansoek te doen vir 2024 se keuringsproses, stuur jou CV en mees onlangse puntestaat (Graad 11 en beskikbare Graad 12 punte) aan hello@iprof.co.za indien jy aan die volgende kriteria voldoen:
– ‘n Doelgerigte en hardwerkende persoon is met ‘n aanleg vir rekeningkundige;
– ‘n Gemiddeld van 80% vir Rekeningkunde handhaaf in Graad 12;
– ‘n Gemiddeld van 70% vir Wiskunde (nie Wiskunde geletterdheid nie) handhaaf in Graad 12.