SAIPA Leerlingmeesterskap | Initium Paarl
Is jy in Matriek of ‘n gegradueerde en geniet jy Rekeningkunde?
Indien so, lees verder om te ondersoek hoe jy ‘n loopbaan daarin kan volg!
Deur deeltyds te studeer en voltyds by Initium te werk kan jy na drie jaar as Professionele Rekenmeester registreer. Dit beteken dat jy potensieel geen studieskuld aan die einde van jou klerkskap sal hê nie en reeds kwaliteit praktiese ondervinding het om op jou CV te sit!
Initium is ‘n geakkrediteerde opleidingsentrum by die South African Institute of Professional Accountants (SAIPA).
Wat bied Initium vir jou?
– Mededingende vergoeding
– Studiehulp in die vorm van studielenings en studieverlof
– Top gehalte opleiding en breë spektrum ondervinding
– ‘n Kultuur van samewerking, waar kundigheid en kennis gedeel word, en waar die besigheid en personeel saam groei.
Hoe doen ek aansoek?
Om aansoek te doen vir 2022 se keuringsproses, stuur jou CV na hello@iprof.co.za en mees onlangse puntestaat (Graad 11 en beskikbare Graad 12 punte / Universiteitspunte) indien jy aan die volgende kriteria voldoen:
– ‘n Doelgerigte en hardwerkende persoon is met ‘n aanleg vir rekeningkundige;
– ‘n Gemiddeld van 80% vir Rekeningkunde handhaaf;
– ‘n Gemiddeld van 70% vir Wiskunde (nie Wiskunde geletterdheid nie) handhaaf.