Loopbane_SAIPA-leerlingmeesterskap_worcesterenceres

SAIPA Leerlingrekenmeesters 2024 & 2025  |  Initium Worcester & Ceres

Is jy gereed vir ‘n nuwe uitdaging by ‘n dinamiese rekeningkundige firma op die platteland?

Indien so, lees verder om te verstaan hoe jy ‘n loopbaan daarin kan volg!

Deur deeltyds te studeer en voltyds by Initium te werk kan jy na drie jaar as Professionele Rekenmeester registreer. Dit beteken dat jy:
-potensieel geen studieskuld aan die einde van jou klerkskap sal hê nie;
-kwaliteit praktiese ondervinding het om op jou CV te sit!

Initium is ‘n geakkrediteerde opleidingsentrum by die South African Institute of Professional Accountants (SAIPA).

Wat bied Initium vir jou?

– Mededingende vergoeding

– Studiehulp in die vorm van studielenings en studieverlof

– Top gehalte opleiding en breë spektrum ondervinding

– ‘n Kultuur van samewerking, waar kundigheid en kennis gedeel word, en waar die besigheid en personeel saam groei.

Gegradueerdes en Matrikulante (wat gemiddeld 80% vir Rekeningkunden en 70% vir Wiskunde *nie Wiskunde geletterdheid nie* in Graad 12 handhaaf) word genooi om aansoek te doen.

Hoe doen ek aansoek?

Om aansoek te doen vir 2023 en 2024 se keuringsproses, stuur jou CV na hello@iprof.co.za en mees onlangse puntestaat (Graad 11 en beskikbare Graad 12 punte / Universiteitspunte).

Aansoeke vir die SAIPA Leerlingrekenmeesterskap word tot laat in die jaar aanvaar, maar vroegtydige aansoek word aangemoedig!