Klientebestuurder

Kliëntebestuurder  |  Initium Ceres

Is jy gereed vir ‘n nuwe uitdaging by ‘n dinamiese rekeningkundige firma op die platteland?

Ons het ‘n Kliëntebestuurder posisie beskikbaar, wat hoofsaaklik vir die volgende verantwoordelik is:
– Opstel en nasien van finansiële jaarstate en inkomstebelastingberekeninge
– Nasien en indien van BTW, LBS, en Vergoedingskommissaris opgawes
– Opstel en nasien van maandelikse rekonsiliasies (Kontant/Debiteure/Krediteure) en bestuurstate
– Skakel met kliënte en SA Inkomstediens
– Bestuur en oplei van ‘n span SAIPA leerlingrekenmeesters asook nasien van hul werk
– Moniteer span se tydspandering teenoor finansiële begrotings

Doen aansoek indien jy:
– Oor sterk tegniese kennis (IFRS vir SME’s) beskik om o.a. state vanaf proefbalans akkuraat op te stel en na te sien;
– Goeie kommunikasievaardighede;
– SAIPA geakkrediteerde Universiteit graad;
– Voltooide SAICA of SAIPA klerkskap; en
– Geldige bestuurslisensie.

 

Doen aansoek:

Stuur jou CV na werwing@iprof.co.za